![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/youzify-fes/members/61/2024/04/eerste-gedig.jpg)
eerste
uit die diepste van donker nag
breek die lig van nog ‘n dag
elke skroom straaltjie lig
vorm sy eie kleur brug
.
soos drome vervaag
wil werklikhede opdaag
verdwyn mis van die mistieke
in realiteit van harde werklikheid
.
soos dae verander die weke
die nagte vlieg in skadus verby
die dreuning van see se groot golwe
metronomiese aftelling van ‘n leeftyd
.
eers was daar lig
later het duister gebeur
voortdurende stryd wat duur
met bloed gekoop moes word
.
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.