Gesoek: Een geheue
Soms laat ek myself totaal en al verstom
deur ‘n groeiende simptoom van die gejaagde mensdom:
ek reken al te graag
“Ek sal dit nooit vergeet”
net om ‘n paar dae later my woorde op te vreet
daarom maak ek planne deur ‘n lys vir als te hou
net om die neersitplek van die lys nie te onthou
name, vanne, nommers sal skielik net verdwyn
(gewoonlik net mooi wanneer die persoon voor my verskyn)
maar die kersie op die koek wat my moed in stukke breek?
dit wat ek sorgvuldig bêre, word net sorgvuldig weggesteek
sal ek ooit die saak suksesvol kan oplos?
ek bid maar net my brein is môre weer op sy pos
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.