
Heinings
pale leun in varsgrond
hier en daar geanker om
die onvermydelike
val te vertraag
harde hande
trek handig draad
wat tussen manne
ń skeidslyn span
buurplaas baas
gluur stuurs
na die stywedraad
as nuwe gemene grens
hande rus
grensdrade sal sak
laat die stryd
te velde
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.