kinderdrome (Goud)
wanneer ek kyk
na die drome en onbevange
vertroue daarin, van ‘n kind
huil ek soms lang, druppende
binnetrane
jammer-vir-myself trane
omdat ek te oud voel om te droom
kwaad-vir-myself trane
omdat ek nie my kleindogtertjiedrome
probeer vang het
voor dit in my grootmenssiel
verlore geraak het nie
dankbaar-teenoor-God trane
vir die voorreg om kinders te ken
en die wonder van húlle wat nog droom
te kan beleef
dít laat my trane oor my wange loop
want ‘n kind se boodskap is eenvoudig:
droom…en glo in jou drome
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek