Jongste aktiwiteit:

Eenvormig

in samekoms neste
dreun sing die mense
hommel bye
om ń sentrale bron
vir soetheid

in raadsale
bou ons met herhaling
aan een gedagte gang
hexagon was skuilings
in eenvormigheid

in zoom vergaderings
drink ons heuning tee
stil vasgevang
in donker was
kamertjies

verseker
eie sagte kern
die enigste waarde bron
terwyl ander soetstrome
versuiker




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed