Ou Huis
my ou huis
staan nogsteeds
in ń Vrystaat grondstraat
beton heuning afgebaken
die eers nuwe straatnaamteken
nou baie verdof
die ou kombuis
waar dikboud ouma
eens gerondskarrel het
om gister se skottelgoed
vandag se boerekos
staan nou leë oogkaste
binne my lê vars
jaarlikse tuiskomste
die groet van kleintyd vriende
sonder huidige rookskerms
van vele geure
en kleure
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.