Jongste aktiwiteit:

Tussen treine

tussen treine het ons beweeg
ongereelde tye onbekend
verwyl tot later se afstel
met verwysing in ń brief

saamklinkende geluide onaangenaam
ten laaste tot verwyting

het jou hart kliphard geraak
stoom jy soos bolle rook uit ń lokomotief
het ek jou menswees gevorm
in gedagtes wat my laat ruk

hoor ek die musiek van ń stoomenjin
wat steeds koggel in my ore en agterkop

terwyl jy sleepmerke laat
soos treine wegbeweeg op spore
tog trap jy diep spore in my hart
met jou windverwaaide kuif

terwyl die fluit van die lokomotief
harmonies sag op my ore kom lê

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak