Jongste aktiwiteit:

Geluidloos staar ek jou agterna

soos ñ nekroloog lees ek jou lippe
speel ons lewe voor my af
teleurstellend het jy die nag ingevlug
en naggeluide ń demper op my plaas

geluidloos staar ek jou agterna
miskien sal jy tot jou sinne kom

helaas was dit die dekmantel
jou stilswye het jou weggegee
terwyl jou oë alles verklap
en ons lewe in skerwe spat

tog kom speel die wind
sy aandlied saggies in my gemoed

sien ek jou glimlag breed
tref dit my soos ń ligstraal onvernietigbaar
skiet trane in my oë onverpoos
en my hart sing vaarwel my eie soetelief

Sal ek jou liefde nooit kan ontken
terwyl jy weg deins die donkerte in

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed