oorlading
hierdie sonnige dag
van al die mooi dae
pryk my duin sonnig
golwe skitter-blink
weke se informasie
hang soos reën wolke
oor die bewuste siel
uit te sak in druppels
lente se blomme fees
verdring suurstof met
digte stuifmeel wolke
dreig om lug te verstik
duisend woorde wag
sinneloos te vergaan
om gedagtes te vorm
om dalk sin te maak
skrif verskyn en verdwyn
op wit muur huis se mure
mense verdring, verdwyn
gedagtes vorm en kwyn
bel nege dubbel een
informasie oordrewe
‘n gees wil weer lewe
maak sinne weer een
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.