Sandkasteel (Brons)
met korrelgedagtes
(deur genade beklad)
bou ek van gisterdrome
‘n sigbare skat
met sandsteenwoorde
(gestut deur lewenservaring)
laat ek dit gestalte kry
in verskillende
genres en strukture
beeldende klank resoneer
(skommel deur gemoed)
met wiegende maat
in eb en vloed
onvoorspelbaar die lewe
(voortvloeiend tussen see en land)
tog bou ons daagliks met vertroue in hoop
glo vas, Hy hou alles in stand
en wanneer storms woed
(alles in ‘n oogwink plat kom vee)
kyk ons hulpsoeken op en weet
Hy stap saam, tree vir tree
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek