ONBEVANGE (goud)
Die lig skyn hier so helder
in ‘n wêreld van avontuur
vol onbegrensde ruimtes
bedek met vleklose openhartigheid
elke blom is ‘n wonder
elke verhaal ‘n reine waarheid
hul skilder drome
met daardie kinder oë
speel in die sand
in die gras
klim in bome
kruip in jou hart
hul vreugde is aansteeklik
met ‘n wye glimlag
gooi hul soms vreeslose arms
om jou sat nek
asof hul onskuld besit.
© 04/2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek