Alles lyk anders
Brons
Wanneer jy deur die oë van ’n kind kyk, sien jy die wêreld anders. Kinders glo môre sal meer rooskleurig lyk, want hulle glo aan hoop. Daar is ’n nuutgevonde vreugde as hulle na die reënboog kyk. Hulle kan ’n leer klim en afgly tot in ’n sprokiesland waar hulle potte vol goud en geskenkies in kleurvolle strikke sal vind.
Vreugdesvure brand as die sterre in hulle oë rinkink, want iewers het hulle bedroefde mense bymekaar gebring. Kinders dra die lig, die skoonheid van onskuld. Al is hulle lewenskrag uitgeblus sal hulle aanhou uitbundig lag.
Hulle is ’n kragtige bron van hoop en inspirasie. Hulle kan donker geheime hou, min wetend wat dit inhou, maar sien net die onskuld. Plak ’n pleister teen ’n seer dan hulle dink dis om die trane te keer.
Hulle laat jou van wanhoop vergeet wanneer jy dink om op te hou leef. Al skeur glimlagte deur hulle eie seer, sal hulle glo môre is jou gebede verhoor. Al sit hulle met droë brood in die hand sal hulle aanhou kringe trek in die sand. Deur die oë van ’n kind lyk alles anders.
Emsa Haasbroek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek