Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Eerste Rëen

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 22 September 2020 Aantal woorde: 83 408 Kere gelees 12

die veld lê skrampies
onder ń dun gaatjie kombers
swart stekel knopies
oop bruin vuil vlekke
stukkies wol oor droë grond.

die helder blou vergrys
honde blaf in die wind
jaloers reën val
dankbaar vir die ruik hoop
op buurman se plaas.

wolke wind dans
swaai wit rokke
in disco ligte wat flits
dan plof hier, daar
vier stof blaar blommetjies.

die overture is verby
ń groot drom slaan
note val in oorvloed
kom saam in plasse hemel
wat vloed tot in my
dam.




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Lynelle

    22 September 2020

    Pragtig geskryf … ek het dit gedeel op Ink in Afrikaans se Facebook groepie asook Pinterest.

  2. Koos Elsum

    23 September 2020

    Dankie vir die lees en ondersteuning !

    Ons moet aanhou bou aan ons taal en veral poësie om te verseker dat ons jong taal bly groei en dis lekker…

  3. Koos Elsum

    8 Januarie 2021

    Beste Koos Elsum,

    Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel dat die volgende gedigte wat u ingeskryf het vir die GHA gedigtekompetisie 2020, gekies is om in die Stemme uit die Suiderland 15 geplaas te word:
    ​Eerste Reën.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 553
Kommentaar telling: 81

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 107 gaste aanlyn

Bydraes – Argief