Jongste aktiwiteit:

DIE SKRYFWERKER

Jy het jou boek en pen uit jou tas gehaal,
Die blaaie van die skepping toe nog leeg en kaal.
Ritmies saag jy die woord in lettergreep
elke tap en keep reëlmatig afgemeet.

Spelend om jou voete in verwondering,
sien ek die presisie van die volle kring.

Op die houtlaswerk geslaan met die hamer van ‘n tong,
is die geskrewe woord met deurboorde hart en long.
In vers-stommende genade draai die Deur sy ander wang –
Die Skryfwerker is vir mỳ gehang.

MCDb




Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed