Winter
sonnetjie kam deur die bome se krone
bleekgeel grashalms wiegie windverweer
voëls twiet-twiet benoud heen en weer
in die naak-bleek takke van bome se krone
wind spoel deur die vingers van die son
winter kantel sy mantel oor aards blad
kraak-swiep sy voete oor die blaremat
web die herfs in sy ysige kokon
fladder-flap die kromosome van die wind
wasem ysige asem oor elke boom en blom
wat in sy teenwoordigheid kom
hoei-hoei bleek die wind waar sy voete vind
winter plooi die dae omgesooi in sy ysige mantel
frommel-kreukel ryp in elke plooi se sooi
tooi sy naam selfvoldaan wie hom nooi
moeder aarde rou oor die winter se kou kantel
—————–ooo0ooo—————–
(© Pieter Mostert)
(Silwer)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek