Jongste aktiwiteit:

Lede bydraesGedigte(Page 931)

In die skemerson bak dik kliprots tot veldreuk daaruit verdamp en in my neusholtes prentjies vorm van stof en gras. Oor die rooi sandoppervlak lê bokspore soos los legkaartstukke en tussen my tone druk die klam rondheid van ‘n bokdrol. Die aandwind ruk ‘n brunnet krul in die lug waaruit die dalende son ‘n stukkie […]

Die son loop soos ‘n boud swaai danser oor die randjie na die nag toe weg en skud die goud-geel skilfers op sy dag se oorjas by die oorloop van die plaasdam af. Ek fluit en roep die son se straalskaaphonde om sy wegloop by die groot hek op die randjie stop te sit… repe […]

Kom deel my karossie as die koue wind sy arms om jy bind, Kom deel my karossie by die plof-bars van kleure by my doringhout se vuurtjie. Kom sit by my as die dag druipstert voor die nag wegdraf, En die winter se ys honde by jou kom staan en blaf. Kom deel my karossie […]

Toe die Môrester vir die Suiderkruis waai en die Haan die oggend wakker kraai het ek my spore in ‘n nuwe woud getrap omdat die hekke van my oubuurt eensaam krap en kraak onder die gewig van die woorde “Hierdie Woordbuurt is nou gesluit. Agt jaar van jou lewe vee ons nou uit” © Zymrly […]

Ek en jy sit by die tafel en vou ‘n papier bootjie kleur hom in met wit en swart seerower kleure en plak ons eie vlaggie op sy mas. Ek speel met jou blondekop baba hare en luister terwyl ma reënjasse uit die gang kas haal voorsorg vir die belofte van die sonvloedreën wat die […]

Ek wil nog eendag saam met die arende vlieg, Vergeet van sommer nou en net daar wees, Alles klein onder my, Klein en vêr maar steeds nog daar. Ek wil nog na alles kyk asof vir die eerste keer, Miskien die laaste keer, En soos ‘n jong kalf spring en bulk en luister na sy […]

ek wil my siel in konfetie snipper sodat my wees soos ‘n Lotusblom statig voor jou oë ontvou (om jou elke hartswens so te vervul) dan in die koel skadu’s van jou hart wil ‘k immergroen varings plant sodat ‘n duisende spore vir jou geluk kan saai – jou na Vrede laat draai ja dit […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed