
KAROSSIE
Kom deel my karossie as die koue wind sy arms om jy bind,
Kom deel my karossie by die plof-bars van kleure by my doringhout se vuurtjie.
Kom sit by my as die dag druipstert voor die nag wegdraf,
En die winter se ys honde by jou kom staan en blaf.
Kom deel my karossie wat ek langpad saamdra,
Kom deel my karossie net by my.
As jy kla sal ek daar by die wilde kliprante vir jou ook een gaan maak,
As myne te klein raak en jy na jou eie vra.
Kom deel my karossie as die lewe toutrek om ons siele te kom steel,
En die doringhout se kole koud raak in die wind.
…Ek sal vir ons nog doringhout bly aandra,
As jy my karossie langs die plof-bars kleure van my vuur kom deel…
4 Kommentare
-
-
Anria
Ek kan dit amper hoor ... iemand dit hoor sing!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Helena Mellet
Hou baie hiervan!