Die Son Loop Weg
Die son loop soos ‘n boud swaai danser
oor die randjie na die nag toe weg
en skud die goud-geel skilfers op sy dag se oorjas
by die oorloop van die plaasdam af.
Ek fluit en roep die son se straalskaaphonde
om sy wegloop by die groot hek op die randjie stop te sit…
repe goud sonvingers lê gevlek teen die randjie
terwyl die donker die dag wegsleep
om plek te maak vir nag.
4 Kommentare
-
-
Kiekies
Puik. Wil jy dit nie skuif na die afdeling vir gedigte nie?
-
Anze
sjoe dis pragtig!!! Soos Kiekies se.. gaan wysig asb en skuif oor na die "Gedigte" afdeling asb
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Pragtig geskryf