Jongste aktiwiteit:

ProjekteSeptember 2021 – Positiwiteits projek(Page 2)

Beste INKers

Ons is op die drumpel van lente, alhoewel dit op sekere plekke in die land nie werklik so voel nie.

Hierdie maand se projek het nie ‘n spesifieke tema nie.

Ek wil almal tog versoek om die toon van jul inskrywings só te kies dat die wonder van belofte, groei en die lente besing word. Kom ons weerhou onsself van die depressie van ‘n virus en die klaagliedere wat hierdie pandemie, en sy gevolge, vir ons gebring het.

Alle afdelings van die projek het dus een opdrag: Positiwiteit.

Geen verdere reëls of voorskrifte is van toepassing nie.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed