Jongste aktiwiteit:

Lewegewende lente

Die wind kry nuwe asem, waai koel oor die sagte groen blare. Die koue donker van elke wese voel ‘n herlewing, en kan weer leef! Lente het die mooiste kleure, helder kleure wat met ‘n natuur’kwas die allermooiste blommeprag skilder. Alles word weer gesuiwer en vernuwe, vrugtebome sal weer vrugte dra. Jy kan jouself voorstel, ‘n brose bruisende lente wat kom. In die doodsheid en moedeloosheid ervaar elke dooie takkie nou weer lewe en vreugde.

Dis ‘n seisoen van herontwaking, na ‘n tyd van pyn en seer kom daar verlossing. Ons lewe in ‘n tyd van intense verwarring, wanhoop, disoriëntasie en ‘n gevoel van doodsheid.

Soms word mens se lewenswater troebel, en wanneer jy weer sien hoe mooi die natuur lyk dan kry mens weer nuwe lewenslus. Dit ontkiem in jou siel en in jou innerlike landskap groei weer nuwe hoop. Al is daar so baie skokkende nuus, versperde hoofpaaie, covid 19 wat nog steeds lewens eis, droom ons nog vir veiliger nagte en ‘n rooskleurige toekoms. Die lewe is te kort om blomloos te leef, ons moet gereeld ons liefde en waardering betoon.

Kom ons mik vorentoe met ‘n positiewe geaardheid, soos sonneblomme opkyk vir genesing in die son se warm strale.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed