Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sonskyn en reën …

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 25 September 2021 Aantal woorde: 90 79 Kere gelees 2

God het jou na my gestuur om my hart oop te sluit
toe ek bang was vir die donker en weg wou kruip
jy het gekom en my bevry
teen al die donker storms waarteen ek baklei.

Daar is altyd ‘n helder lig
in die donker tonnel wat ons pad verlig
ons moet net hoop, bid en altyd bly glo
want na donker storms is daar altyd kleurvolle reënboeë.

Baie dankie omdat jy altyd daar is om my te ondersteun
deur die sonskyn en reën…

MC Marx (C)




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    25 September 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek

  2. Magrietha Marx

    30 September 2021

    Baie dankie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 16
Kommentaar telling: 6

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 196 gaste aanlyn

Bydraes – Argief