Jongste aktiwiteit:

Karoo verlange (Goud)

ek wil in eenvoud lewe
ek wil terug na die Karoo
daar waar die son oor vriespunt opkom
en die velde ook nog glo

ek wil my kommer neerlê
en op ‘n klipkoppie gaan sit
waar die koggelmanders en akkedisse
nog saam in sonsit bid

ek wil weer stewig vashou
aan my God se regterhand
en gaan stap langs droë lope
verby huiwende groen wilgers, met my voete in die sand

ek wil klein word in die stilte
teenoor die vlaktes weer gaan staan
met ‘n stofstorm in die verte
en ‘n weerligstraal wat slaan

ek wil weer bly wees en tevrede
met net die klere aan my lyf
ek wil die blinkgoed wat my aftrek
en die selfoon wat my pla, by die agterdeur uitskuif

onder die sterre wil ek wees
met ‘n melkweg soos satyn
en onder ‘n halwe maan wat skuinsweg loer
my probleme laat verdwyn

my ou Karoo jy is dalk vaal
maar na jou verlang ek nou
my hart trek ‘n onthoulyn
en ek wil my arms om jou vou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed