Jongste aktiwiteit:

lente beloftes (SILVER)

lente beloftes

die uitsig van lente is asemrowend
met aanbreek van die nuwe seisoen
lyk belofte van lewe weer belowend
as fauna en flora aan praal meedoen

met die jaar se lang koue wintergroet
wil ek lente met sy bloeisels verwelkom
die lug is deurtrek met aroma geurig soet
voor die skoonheid staan ek verstom

lente herinner my opnuut aan die mooi
na moeilike tye sal weer mooi tye blom
wyl lente haar lentebloeisels kom strooi
draai bye om die blomme om en om

o Vader, gee dat ons nuwe seisoen beleef
as geleentheid om na beter te streef …

©Marlene Erasmus
13/09/2021




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed