Jongste aktiwiteit:

My vrolike lenteversie (Silwer)

Ek gee vir jou ‘n pot
om vol lenteblomme te stop:
gulhartig van kleur,
welriekend van geur.

Ek nooi jou saam
op ‘n wentelbaan
van oorvloedige geluk
in ’n liefdestuin gepluk.

Ek wys jou gul
die vreugde toegehul
van sonskynlag
in elke nuwe dag.

Die ware vind
van eensgesind,
in ‘n hart vol hoop
vir ‘n positiewe lewensloop.

Ek gee vir jou
die vreugde van onthou
dat geen sware vrag
bestand bly teen sonskynlag.

©Driekie Grobler




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed