Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Verhoudings

Ek skryf vir jou (1) …

Deur Datum gepubliseer: 7 Maart 2016 15

môre is weer Valentynsdag
en alles word in rooi getooi
maar in my hart het die lewe
‘n emmer swart verf kom gooi
want jy is nie by my nie
en ek moet alleen voor Kupid staan
en wat weet hy nou eintlik
van hierdie gevoel sonder naam
want…

Ek mis jou (net soms)

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 17

My duim
het die gewoonte
om oor my ringvinger te streel
onder
aan die binnekant van my hand

en my hart
het die gewoonte
om dan soms verras
verbaas
uitgeboul

half hartseer te voel
omdat dit nou kaal…

See se geur …

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 18

ek skep vir jou ‘n emmer vol
van die see se geur
dan stuur ek dit met spoedpos
om jou dag in te kleur
as jy die emmer geur kry
en ruik hoe see-skoon dit is
sal jy ook weet dat ek jou
met elke asemhaling mis

Dwaas op dwaas

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 17

Dom dwase is volop
dis in hul spel en praat
maar die dwaas
van my gedig is
van ’n ander aard.

Engels is soms beter
dit weet ons goed
want die fool van liefde
se pil is bitter soet.

Dis…

Die droë spasies in asemhaal

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 13

Koffie kringe
omring van my woorde op die verbleikte papier
die blou ink
is gesmeer
trane vlek
al droog dit op
daar is dinge in die lewe
wat jy net moet verduur
soos mense wat stink
en mense wat dink…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 2 292 gaste aanlyn

Bydraes – Argief