phil – etairos
skouspelagtig is jou huis
gemeensaamheid is julle roep
saam maak julle musiek van saamwees
saamstaan en saamleef is elke dag jul lees
soek iemand na julle, kyk hy net in die Noord-Kaap
waar jul samelewing ineengeskakel en aaneen
teen telefoonpale, lamppale en bosse pryk
die lied wat julle wewervoëls sing
is een van dorre, droë land
waar een vir almal staan
en almal vir een staan
was my volk maar ėėn
soos jy en julle – voël
© Tearlach.
[Philetairus socius (Phil = bemin, etairus = gesėl)
Die voël is ‘n groepvoël en koöperatiewe broeier. Hulle maak ‘n grasdaknes wat op ‘n paal (telefoonpale is gewild), windpomp of boom gebou word. Hulle bou die grootste nes van alle voëls en die nes kan tot 500 kamers hê]
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.