Jongste aktiwiteit:

Wanneer liefde stil raak

Die son gooi sy warmte oor haar gesig, en sy luister na die aanhoudende gekoer van ’n duif wat geen Antwoord kry nie.

Diep binne haar, daar waar niemand weet nie, is daar ’n plekkie waar sy wegkruip met haar seer. Dis dáár waar sy altyd antwoorde kry … en tog, waar soveel vrae ook onbeantwoord bly.

Sy is ’n ma.
Sy is ’n mens.
Sy is ’n vrou.

Haar seuntjie, Maruis, het vir ’n jaar lank chemoterapie ontvang vir blaaskanker; Rhabdomiosarkoom. Haar ma-wees het gesmeek om genade. Sy wou sy plek inneem. Sy wou sy seer dra. Sy vrees omhels. Sy wou soveel dinge doen … maar sy kon nie.

Die enigste daad wat sy wel kon doen, was om haar seuntjie neer te lê, by die voete van Jesus. Saam met hom het sy ook haar eie vrese, haar pyn en haar worstelinge gelê.

God was hulle genadig. Maruis is in remissie. Maar die letsel het agtergebly, nie net in haar kind se lyf nie, maar in hul harte, hul huwelik, en in haar vrou-wees.

Sy sien dit in haar man se oë, daardie stille wonde. ’n Letsel wat soos ’n dowwe spieël hul verhouding weerkaats. Kanker het vir ’n jaar lank alles oorheers. Hul intieme lewe het plek gemaak vir pyn, angs en stilte.

Hulle het in mekaar se arms geslaap, ja. Hulle het mekaar vertroos. Maar hulle het mekaar nie gedeel nie. Kanker het soos ’n mure tussen hulle gestaan en tussen elkeen se gedagtes gegroei.

Haar ma-wees het getreur. Sy het haarself gekasty oor wat sy dalk kon doen, of kon verhoed. Maar sy het geleer dat die lewe draaie

 

loop waarvoor niemand ooit regtig voorbereid is nie. En dat hulle net kan groei as hulle bereid is om deur daardie draaie te stap.

Toe die behandeling minder word, het die stilte harder begin praat. Sy het eendag voor die spieël gestaan, en haar eie refleksie het sy amper nie herken nie. Sy het die moegheid in haar oë gesien, die lyne om haar mond en die merke van ’n ma wat geworstel het vir haar kind se lewe.

Sy het haar kind nie verloor nie, maar sy het stukke van haarself agtergelaat langs die pad.

Haar vrou-wees het stil geraak. Sy het haar man vertroos, maar nie sy behoeftes beantwoord nie. Hulle was saam in die huis, in die kamer, in die pyn, maar apart in die slaapkamer.
Hulle was een in die vrees, maar twee in die samesyn.

Haar liggaam roep na hom. Haar drange lê soos klippe op sy bors. Sy wil weer gee, ontvang, lewe … maar waar begin sy? Hoe word sy weer lig, weer vry, weer vrou?

En toe, op haar knieë, het sy vir God genade gevra, nie net vir haar ma-wees nie, maar vir haar hele wese: vrou, mens, siel.

En sy het besef: swaarkry kweek volharding. Volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof bring hoop.

En hoop bring lewe.
Nie soos voorheen nie, maar met nuwe oë, ’n rouer hart, en ’n dieper liefde.
Want sy het hom nodig om haar weer te help voel … en hy het haar nodig om weer te kan asemhaal sonder vrees.

 

538 woorde

© Elize Awona Pucillo




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed