duin
as duin ‘n rots was
sou ek dit dalk ‘n klip
genoem het
sou my hart verhard
sal ek dalk ongenaakbaar
geleef het
wat is dit van ‘n duin
dit smokkel met my kop
veranderlike gees
drome op my duin
met fynbos getooi in pers
wil my tande kners
wat soek jy op my duin
het jy gekry wat jy na smag
toe jy hier was
my duin gebou op genade
van kind en kraai so vryhart
trane van dank vloei
o, Duin, jy is mooi
in jou is my leeftyd getooi
al lê my hart in berge
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.