Jongste aktiwiteit:

My Blom

Jy, my Blom is n lewende getuie.

Deur die muur, breek

jy deur en floreer.
Almal stap net verby.

Niks nuut. Nog iets om te vermy.

Tot jy verby stap. Jy!

Jou glimlag is die bloesiels se blare,

die stam se are.

Die krake het gedruk, maar soos daai blom

het jy as mens deur gedruk.

Nie jou vorm verloor.

Nie jou sag of lag verloor.

Jy kon hard deur die sement kom.

Maar jy het besluit om eeder subtiel,

saggies te kom en in mense

rondom jou se lewe te blom.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed