Dandelion (silwer)
Langs die sinkdam by die kannas
onder die palmboom
het ek my bêredroom begrawe
onder sand en gras
saam met dit per ongeluk
‘n onkruidsaadjie ingespit
en toe die westewind die windpomp
so tieng-tieng-krrrr laat draai
het hoop uit ‘n klein krakie
in die wal daaroor geloop
maar net die perdeblom het opgekom
verspot in geel saam met die wind gespeel
haar vrugtepluisie in my hand
blaas ek nou tot in kammaland
en wens terwyl die laatson loom:
Stuur tog vir my ‘n nuwe droom!
©️Elize Kruger
3 Kommentare
-
Cornien
Pragtig!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek