
Ons het tyd
Tyd leef in ñ leeftyd betaal
in al jou vreugdes
opofferings, selfs wanneer jy val;
wanneer jou bloed nog vurig klop
tel jy nie die tyd nie
jy lewe vir môre
vir nog ñ kans,
maar wat is die prys
as die lewe nog deur jou are bruis
en jy vanselfsprekend alles aanvaar
en dit vervloek as dit jou behaag?
So asof jy ñ môre-oggendson verdien
om al jou duister aande nuut te maak
vir nog ñ begin,
ñ weer probeer,
maar die mens is nietig,
treurig,
so afhanklik in gemak,
so lief om hul onsmaaklikhede
oor ander uit te braak;
hier is jou kans,
jou liggaam is meer as gewillig,
geseënd is jou asemhaling
en jou nugter denke,
Waar lewe jy?
Vir wie en na wat
smag jy
as jy jou oë elke oggend oopmaak?
Jy is geseënd,
jy is geliefd,
wat ñ voorreg het ons
nog in tyd.
Chantelle Holder
© 2015
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Sonja Peacock
Baie belangrike lewensles hier in jou gedig Somerreën, Baie mooi neergepen!