Jongste aktiwiteit:

douvars

 

 

klanke van jou siel

speel mozartnote op my oor

dieper, mooier en geseënd is jy

as meeste bladmusiek in my lewe

wals jy deur my dae – verdwyn jy

onder horisonte van seëbeeld

in elke grys sonsondergang

wees my fanfare,

my trompetgeskal

wees my diepste dal

waar musiek kan bykom

gedagtes en drome dans

wees my sielsgenoot

my chordofoon in harmonie

my idiofoon in ritmiese slag

my viersnarige pizzicato

in my romantiese nag

my ramkie om my

nederig te hou

 

© Tearlach.

(Chordofoon – instrumente waarby iemand die snare van ‘n snaarinstrument laat tril   Pizzicato – Italiaanse viool, Ramkie – afrika snaarinstrument)

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed