Liefde deur U oë
Geweeg en te lig bevind vir die geloof as
ek so na U lewe kyk my Heer…
lankmoedig en vriendelik
onselfsugtig
oorgegee aan die skare
foutloos en vlekkeloos
Hoe en waar het ek my hoop verloor –
ongevraagd myself verhoor
om te vind ek’s leeg en my binnegoed vol
paljas?
Laat ek soos ʼn verlore seun
in die arms van sy Vader vrede vind
en laat my die liefde deur U oë sien…
fees in U genade wat
dagbreek in die donkerste donker
en edelmoedig U kruis dra
© Cornien Naudé
20/02/2022
1 Kor. 13:13
En nou bly geloof, hoop, liefde –
hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek