
Vuurhaarkind (Goud)
sy was die dryfhout vuurhaar visserkind
aangewaai deur die weskuswind
toe die son se swaai sy septer
deur haar rooi rooi lokke blaai
het sy skalks om die hoek in ‘n huppeldans
voor my toekomsdeur kom draai
“fyn spoortrapper in die brandersand
al die pêrels geskulp in jou ragfyn hand
tot die maan se skyn uit jou lag verdwyn
het ek immerdiep by jou gedy
en die volheid van jou towertyd
by ons liefdesbank verniet gekry
die dartel in jou rumba dans
het my rû en sag vermaak
my siel is duiseldiep geskroei
in die vlamkring van jou vuurkokon
en ek dink vandag aan jou wilde vrede
oor die ragrooi boeg van ‘n horison”
Andries Fourie
(Seirdna)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek