Lewenstappiserie
ń lewe saamgevoeg en inmekaar gevleg
ń lewenstappiserie uiteenlopende rigtings
raak jy meester van jou eie geveg
in sienings en in stigtings
kom uitdraaipaaie en jy moet swenk
spore wat meer takke in bring
en jy aandag daar aan moet skenk
somtyds word jy daarin gedwing
staan jy verstommend verbaas
kry jy al die hoekoms en waaroms
en wil net alles verplaas
dan byt die gedagte weer by die aankoms
tog besef ons nooit die inpak van alles
deurdat ons self die oorsaak is van ons eie keuses
bou ons aan ons eie klagtes
eerder om te werk aan ons vreugdes
kleur jou lewe met ń nuwe tappiserie
herdink en oorweeg jou eie beskerming
klim uit die volslae depressie
klop aan by ons Vader vir groot beskutting
©️Louisa van Vliet
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek