Jongste aktiwiteit:

Notas

die ligte sal môre helder skyn
oor aangeplakte gesigte
en die mense tou om plek te kry
as maters van die trawant

die kaartjies word persoonlik betaal
gestort in sentrale deposito rekenings
wat gesetel is in digitale beheerkamers
met plastiek kaarte sonder enige kleingeld

note het eens alles betaal met kleingeld
maar dié lê nou in ń ouma laai
geldig maar amper waardeloos
in hierdie kaartehuis werêld

© Koos Elsum ♾️




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed