barbaarse gierigheid
soos see aan ooskus land opvreet
aan die weskus sand deponeer
is daar onewigheid in menswees
kalm sal mense geniet en leef
kom storms – kom gierigheid
gebasseer op barbaarsheid
altyd meer en meer
gierigheid in oë
alles wat ander
besit wil hy hê
wanneer hy dit kry
soek hy waar hy nog
op kan teer
maak hy verskonings op
waarom hy dit mag vat
sonder kompensasie
onverdiend
net gierig
vat en verteer
gewetenloos
sonder
eer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.