
Lewensgebed
Nietig staan ek gedwee
voor U my God,
soos die saad van ñ vrug
spriet my gees uit
die grond uit,
voorsien my Heer
U lewende water,
sodat ek kan wortelskiet
in U goedheid en tug,
verdelg die uitheems
wat soos onkruid groei,
wees U my son
my dors en my skuiling,
waar die winter se herfs
die lente verskuil
en die somer se son my skroei,
wanneer ek wind verwaaid
smeekbede tot U sal roep,
deurdringend
sal ek soebat vir U genade,
vir U water, my oase –
hurkend kniel ek voor U neer,
kop gebuig,
snoei my seer
tot ek buigend my bekeer
tot U wil,
totdat die uitspruitsel
van my geboortestam
opwaarts sal troon,
en my songesoende wil
aangeraak sal wees
deur die vrug van die gees,
beklee my mantelblom kroon
met hemelmooi liefde,
sodat ek vrugte sal dra soos Jesus –
en ek in U paradys sal voortblom
tot in ewigheid in die huis
van Ons Here sal woon.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.