Seisoenale digter-komponis
Sy skryf haar triolet
binne die rympatrone
van die skepping
en vleg haar strofes
deur strale van die son
haar note kreukel-kleur
val …
val …
val …
in die balk van die somer
sy toonset haar duette
in die allegro van die wind
en sprei haar lappieskombers
oor die landskap
haar vingers stryk
oor die harp van die somer
en komponeer
’n kaleidoskopiese sprokie
in haar landskap-sonnette
©Pieter Mostert
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.