al
skeur die aarde oop
druis die golwe oorweldiggend
skeer die suid-ooster onvriendelik
ween skares van vertwyfeling
gaan harte stilstaan
van vrees
tweifel ek in ongeloof
bewe ek in vreesbevangenheid
soek ek na ander bakens in my lewe
raak ek verlore in die stryd
sneuwel ek daagliks
in sonde
glo ek nie – Hy is daar!
reis ek wêrelde, planete deur
vind ek geen strand of wilde strome
waar ek iets geloofwaardig vind
Hy is oral en altyd daar
glo ek nie – Hy is!
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.