diėkant
eenkant is dit rooi
anderkant turkoois getooi
van sonsopkoms in die Ooste
en die Maan se laaste strale
in die verre Weste
prent my baai
min aardse beelde
is so pragtig en mooi
as die ure van dagbreek
en dan die salige skemerure
rein en skoon vertoon
in kleurvolle pallet
waar lê my siel
uitgestrek oor ‘n land
wydverspreide land van
diskoerse in verlamming
pynlik dog beeldskone
natuur tonele
hoor my siel dan nou
hartklop van ‘n volk wat sterf
laaste asemteug van sterwende jeug
of is dit alles net wind voor ‘n son
wat kom en gaan en bly
waar jy alles vermy
©Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.