Jongste aktiwiteit:

kasteleer – rokeer

 

kon ek maar – het ek maar

 

slegs een keer in jou lewe

mag jy, volgens skaakreëls

jouself voorkomend verskuif

uit potensiële geweld en dood

wanneer jy sien bedreiging

raak nou te groot vir jou

vir jou en jou koning

 

kon ek maar kasteleer

myself tydelik verskuif

so ‘n pypkan-stappie maak

myself net tydelik verskuif

sodat die geweld – die morele

bankrotskap by my verbygaan

my tydelik vrylaat

 

kon ek maar vergewe

ėn ook heeltemal vergeet

wat dan?.. sou my lewe verander

sou ek beter kon leef, selfs beter wees

hoe sou ek kon besluit presies wanneer

om my lewe om te keer, te rokeer

almal saam met my te neem

 

hoe het ek, sonder om te besef

dalk reeds lank gelede my kans gebruik

my beskikbare ėėn kans om te rokeer

sal daar nog so ‘n lewe kan gebeur

hoe sal vyande my meesleur

hoe sal isolasie my beskerm

sonder Sy reël geen vrede

 

© Tearlach.

(Rokering

Een keer per spel mag elkeen van die twee konings ‘n spesiale skuif maak wat as rokering bekend staan. Die rokering word uitgevoer deur die koning twee blokkies na die toring te skuif en dan die toring langs die koning te plaas aan die teenoorgestelde kant van sy oorspronklike posisie. ‘n Speler kan slegs rokeer indien al die volgende voorwaardes geld:

  • nie een van die stukke betrokke by die rokering mag reeds geskuif het nie;
  • daar moet geen stukke tussen die koning en die toring wees nie;
  • die koning mag nie in skaak wees nie en mag nie deur blokkies beweeg wat in skaak is nie. Soos tydens enige skuif word rokering nie toegelaat as dit die koning in skaak sou plaas nie;
  • die koning en die toring moet in dieselfde gelid wees (om rokering met ‘n gepromoveerde pion te verhoed

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed