lente en hoop (goud)
lente en hoop
selfs wanneer dae en nagte ewe donker is
met skadu’s wat hul tuismaak in elke sonkol
bars bloeisels uit swart brosdorings
om die nuwe seisoen skaamteloos te adverteer
in bleekgeel en liggroen
en samaravrugte swaai helderpienk aan takke
om vaal vlaktes te stippel
in spatsels kleur
soos dié van bessiestroop
dan gaan sit ek in ’n pers plas jakarandas
om te kyk hoe die swaels terugkeer
na hul moddernes bo die kombuisdeur
en die reuk van lente is oral om my
© Hester Steenkamp, 2025
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.