tot stof
eerste mens uit stof gevorm
leef en bewoon op aarde
sterk hande soos yster
stewige bene soos oeroue boom
intelligente skepsels
ek verstaan dit
besit ‘n brein vol mag
tower van niks tot iets
ons is so slim dat
ek sien sampioengifwolke
ek sien honger traankrete
ek sien mense opgeslurp in geld
bou blink wolkekrabbers
wat my oë seermaak
paaie word meer en groter
waar motors vasgroei
bang en skaam is ek
hierdie slimheid is ‘n mensmonster
wat ons laat vergaan tot s t o f
©Roeline van Schalkwyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.