Maart 2026 – Herfs/Kas projek
Beste INKers
Maart lei herfs in en daarom is die tema wat ek gekies het gepas vir hierdie maand se projek.
As die herfsblare verkleur en afval, herinner dit my altyd aan die mens wat sy/haar klerekas herrangskik, die verweerdes uitgooi en bietjie orde skep vir die nuwe seisoen.
Hierdie maand se tema is: KAS
Die interpretasie van die tema laat ek geheel in jou hande.
Daar is geen ander voorskrifte nie, behalwe dat jou inskrywing NIE die tema as titel mag gebruik nie.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.