My seun
My Seun
As kind kon ek met my jas jou beskerm teen die reën.
Ek kon vra: Mag die Here jou seën.
My bes het ek gedoen om ‘n beter pa te wees.
Die lewe kom nie met ‘n handboek nie, wel’n handdruk -jy het probeer.
Storms gaan daar wees, ek kan hulle nie almal keer.
Keuses is waaruit ek en jy moet leer.
In my hart sal ek jou bewaar, mooi gedagtes oor jou koester.
Jy maak my soms so seer, veral wanneer jy sê jy moet jouself blameer.
Mag God jou leer dit wat ek nie kon. Mag Hy jou lei daar waar jy moet wees.
Vir nou gesels ons as pa en seun, eendag van pa tot pa.
Tot daardie dag vra ek steeds: Mag die Here jou seën.
2026 Ryno. Alle regte voorbehou.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.