Putin (Engelse sonnet) (Goud)
Die bomme van jou yster pikswart Z
vanuit jou goue kamer hussekas,
kom jaag nou kankerkinders uit ‘n bed,
daar waar die omgee oor hul krities was.
En met jou asem vrot van walgingsgrin,
regverdig jy die voeder van jou mag,
met woorde in ‘n psigo leunaarsin,
gewetenloos teen onskuld wat daar wag.
Die mens bly maar ‘n stomme marionet,
gehou aan tou deur maistro’s van die hel
en in ‘n poging om sy siel te red,
breek hy sy lyf in hierdie poppespel.
Oor elke skelle misbruik van jou ryk
traan God se oë, Putin, met felle kyk!
Andries Fourie
(Seirdna)
2022.03.07
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek