Wolwe van donker uur.
Wolwe huil, hul roep jou naam. ’n Plan probeer jy beraam.
In woude van woorde bou jy ’n bestaan, iets wat nooit kan vergaan.
Elke tree stap jy in geloof, wetend iemand wil jou geluk beroof.
Al wat tel is jou bestaan, soveel wat agter jou bly staan.
Woude bestaan nie net uit dood en roof, bewaar jou geloof.
In elke donker uur skryf ek ’n briefie op jou hart se muur. Weet ek is altyd hier.
Jou spore bewaar ek, jou gebede hoor ek. Jou pad is uitgelê.
Jy sal die donker oorleef. In spore van vrede sal jy loop.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.