Jongste aktiwiteit:

Agt maal genadig

 

Hemels – as die son opkom
vlam ‘n amber vuur in gloed.
Oopbek lag die lelieblom
– ‘n nuwe dag kom groet.

Te staar na wolkpatrone –
wasig’ wonders wat deur ruimte swerf.
Weswind ruk aan groenblaar krone,
waai reënbeloftes oor my werf.

© Carma Shaw
16 Maart 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed