Stilswye, die mes . . .
. . . wat kele afsny
‘n Donker wolk kom aangerol,
‘n digte massa geheimvol;
deur die geruislose geraas,
kom dit, en die pas verhaas.
In die nabye is daar ‘n poort,
lig skyn daaruit, eie in soort;
‘n koue wasem kom saam,
wat dood se foto omraam.
Uit die storms van stille geraas,
op wind se rug, kom ‘n dwaas;
om vader en vriend te verkrag
terwyl ‘n slang geduldig wag.
Van reën, rooi soos bloed,
vlug ‘n skare voor die voet;
ontneem van hulle bestaan,
kom stilte wat hul verslaan.
Luister na die stille geween,
van gesigte in pyn versteen;
stilte kom, kan jy dit hoor?
dit kom vreugde versmoor.
01/03/2017 © C. du Plessis
Wat ek gesien het (helder oordag, nie in
‘n droom nie) op 1 Maart 2017
3 Kommentare
-
Loretta Szikra
Shoe, hierdie is n baie sterk en skerp geskrewe gedig Casper. Goed gedoen.
-
Elroux
Amaspoke 'n sterk gedig oor die vreeslike stilte wat ons ver(s)moor
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Hou hiervan